Local newsNewsNews

ELM-inwoners moet Eskom direk betaal

Lees hier as jy nog twyfel wat jou te doen staan, of as jy probleme ondervind het met betaling.

Alle inwoners wat onder die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit val, word daaraan herinner dat elektrisiteitrekeninge sedert begin April direk aan Eskom betaalbaar is.

Hoewel daar aanvanklik probleme opgeduik het met die direkte betaling, toe die verwysingsnommer 10 nommers vereis en die meeste inwoners se verwysingnommer net uit 8 bestaan, is die probleem opgelos.

Inwoners wat die struikelblok teëkom met betaling moet net twee nulle (00) agteraan hul verwysingnommer sit

Inwoners moet hul ELM rekeningnommer gebruik as verwysingnommer.

So werk dit:
1. Al 76 000 rekening houers in Emfuleni moet direk aan Eskom betaal.
2. Elektriese verbruik, plus basies, plus vat moet aan Eskom betaal.
3. Emfuleni beplan om die dienste rekening te wysig, om die gedeelte wat aan Eskom betaalbaar is, aan te dui op die rekening.
4. Inwoners moet hul ELM rekeningnommer gebruik as verwysingnommer

5. Die bankebesonderhede waarin rekening betaalbaar is:
Eskom/Emfuleni
First National
Bank
Acc nr
50851624426
Branch code
223626
Emfuleni rekeningnommer as verwysing
Stuur bewys van betaling aan:
elmdirectpay@eskom.co.za en vipaccounts@emfuleni.gov.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button