Ons weet wat ons weet… Wat is jou lekkerste vakansie?
Die kleinspan van Die Huiswerksentrum in Vanderbijlpark het met Gerda Bruinette oor hul lekkerste vakansies gesels.
Sebastian Viviers Ons het met die kar see toe gery. Daar het ons vis gevang en geëet en shrimp gevang. My pa se hoed en bril het weggewaai.

Miané van Deventer Om te swem by my oom en tannie. Ek kan onder die water ook swem. Ek verjaar vandag.

Bevan de Waal Toe ons see toe gegaan het. Ons het in ‘n hotel gebly en ek het elke dag die slip a slide gery. En met my surfboard gewag vir die waves. Ek en my sussie het ‘n sea urchin in die klein swembad gekry.

Helgart Beytel Om by die see te wees. Ons swem en speel in die huisie. Ons was al drie of sewe keer by die see.

Halee Smith Net om by die huis te wees. Dis baie lekker want dan kan ek laat slaap en heeldag TV kyk.

Kiara Boldog Om heeldag te swem in die parkie en dan te lê en na my foon kyk.

Gerbrand Kruger Toe ons ‘n waterpretdag hier gehad het. Daar was ‘n groot slip and slide en ons het in die modder gespeel. Leyla Boldog Om see toe te gaan. Ons speel in die water en bou sandkastele.

