Die kleinding veg moedig voort, donasies gevra
Gebore op 27 weke, maar klein Markus doen goed en is maar op 25% suurstof op die stadium. Lees meer.

VANDERBIJLPARK – Die kleine Markus Olivier is stadig maar seker besig om gewig op te tel. Hy weeg nou 2.245 kg en is op net 25% suurstof.
Hy kan al uit ‘n bottel drink en kry twee van sy agt voedings per dag deur ‘n bottel. Sy suigrefleksie vorder baie mooi en hy drink 45 ml op ‘n slag.
Die res van sy voedings kry hy nog deur die buise. Nadat hy op 27 weke gebore is, is daar vir lank eers gesukkel met sy gesondheid. ‘
n Bloedklont in sy een handjie het tot gevolg gehad dat die hand se vingerpunte natuurlik geamputeer het. Die hand het mooi herstel en hy kan dit al beweeg.
Sy ma, Denice Olivier, sê Markus is op ‘n fisio, spraak en arbeidsterapie program gesit waar die terapeute hom okder gereed kry om makliker te suig, meer mobiliteit te hê en sensories gereed te wees om huis toe te kan gaan.
Sodra die kleinman 60 ml uit sy bottel kan drink en hy op 21% suurstof is, sal hy mag huis toe gaan.
“Hy word nou mens met sy oulike gesiggie wat so mooi vet wangetjies kry,” sê Denice.
Denice is terug by die werk en sal eers wanneer Markus huis toe gaan, weer op kraamverlof gaan. Die gesin se grootste bekommernis bly die 35% bybetaling op die hospitaalverblyf wat betaal moet word en ook oor ander bybetalings wat hul mediese fonds nie dek nie. Enige donasies sal welkom wees. Besoek gerus https://www.backabuddy. co.za/campaign/markus-little-w
