Local newsNewsNews

Wonderfontein-ontwikkeling gaan weer voort!

AfriForum eis redes oor waarom die ontwikkeling tussen Sasolburg en Vanderbijlpark mag voortgaan.

Die ontwikkeling is in Februarie vanjaar tydelik stopgesit.

Dit het egter spoedig ’n wending geneem toe die Departement van Menslike Ontwikkeling ’n aansoek aan die Direkteur Generaal van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling gebring het.

Die munisipaliteit het aanvanklik vyf jaar gehad om aan die vereistes te voldoen en indien dit nie nagekom word nie, moes die munisipaliteit hul ontwikkeling staak of goedkeuring by die minister kry vir vryskelding van die wetgewing om met die ontwikkeling voort te gaan.

Die aansoek is op 6 Maart deur die minister toegestaan waarna die munisipaliteit en die Vrystaatse regering onmiddellik weer met die ontwikkeling voortgegaan het.

Die minister mag vryskelding gee indien dit in die publiek se belang is.

AfriForum is egter van mening dat die minister se besluit teen publieke belang is en wil daarom weet waarop hy sy besluit geskoei het om die ontwikkeling te laat voortgaan.

AfriForum het ’n brief aan Mzanele Nyhonto, die minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, gestuur om antwoorde te eis.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se hoof vir die sentraalstreek, is die minister se besluit nie deurdink nie en geneem sonder om die nagevolge in ag te neem.

“Die minister het ’n oningeligte besluit geneem sonder om die implikasies wat dit vir die gemeenskap en omgewing mag inhou, in ag te neem. Die munisipaliteit kon in vyf jaar nog geen plan op papier sit om bulk infrastruktuur vir die ontwikkeling te kry nie, nog minder om iets op die grond neer te sit.

“Hoekom sal hulle nou – ná die minister se besluit – dit skielik regkry? Die ontwikkeling hou groot omgewingsimplikasies in, wat die alreeds besoedelde Vaalrivier nog erger sal benadeel,” sê Grobbelaar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button