Local newsNewsNews

Deneysville se drinkwater ‘n gesondheidskrisis – sê DA

Die gemeenskap se reg op skoon water word geskend

Ernstige bakteriese besmetting maak die drinkwater in Deneysville ongeskik vir menslike gebruik — en die Demokratiese Alliansie (DA) eis onmiddellike optrede van die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit.

Die DA het reeds geskrewe vrae aan die Munisipale Bestuurder gerig en beplan om die dringende kwessie by die volgende raadsitting op die agenda te plaas.

Onafhanklike watergehalte-toetse wat op 11 Februarie 2025 gedoen is, het getoon dat die water die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaard (SANS 241:2015) se mikrobiese limiete ver oorskry.

Die toetsresultate is kommerwekkend: Totale Plaattelling (bakterieë): Die SANS-limiet is <1,000 CFU/ml. Die getoetste water het >14,300 CFU/ml getoon – amper 14 keer hoër as toelaatbaar.

Totale Koliforme: SANS stel <10 CFU/100ml as limiet. Die toets het >80 CFU/ml aangedui – agt keer hoër as aanvaarbaar.

Hierdie resultate dui op ernstige besmetting, swak waterbehandeling of moontlike bakteriële hergroei in die verspreidingsnetwerk. Hoewel koliforme natuurlik kan voorkom, dui dit dikwels op fekale besoedeling en verhoog die risiko vir siekte.

“Die gemeenskap se reg op skoon water word geskend, en die gesondheid van inwoners is in die gedrang,” het die DA gesê. “Ons sal dié saak op alle regeringsvlakke opvolg totdat die water veilig is om te drink.”

Die party dring aan op onmiddellike regstellende stappe om inwoners teen verdere gesondheidsgevare te beskerm.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button