Local newsNewsNews

Koos verkoop trokke soos soetkoek

Is weer top verkoopsman in Suid-Afrika

VEREENIGING – As jy drie jaar in ‘n ry die nasionale titel as beste verkoopspersoon inpalm is dit beslis nie ‘n vloekskoot nie.

Vra maar vir Koos Bosman jr. (oudleerling aan HTS Vereeniging). Die 32-jarige Vaaldriehoeker het op 27 Maart in Sandton geskiedenis gemaak toe hy vir die derde opeenvolgende jaar as Maschinenfabrik Augsburg-Nürnberg (MAN) se top verkoopspersoon in Suid-Afrika vir 2024 aangewys is.

Niemand kon dit nog ooit in die geskiedenis van MAN vermag nie. Hy het in 2022, 2023 en 2024 onderskeidelik 101, 252 en 150 MANtrokke verkoop.

“Dis als net seëninge van bo, vertroue in die produk en harde werk,” het hy na afloop van die toekenningsaand gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button