Local newsNews

Plant hoppers en kewers geniet indringer waterslaai

Goeie nuus om die Vaalrivier sonder die massa waterslaai te sien

VANDERBIJLPARK– Begin 2024 was die Vaalrivier ‘n groen massa. Plek-plek was daar nie eens ‘n stukkie water te sien nie.

Die waterslaai en hiasinte het die Vaalrivier oorgeneem en vir ‘n wyle het dit gelyk of die onkruid die oorhand gaan kry.

Kelby English van Rhodes Universiteit in Februarie besig om van die goggas vry te laat.

Danksy die ingryping van besigheidseienaars en kenners is die krisis egter afgeweer. Om te voorkom dat dit weer handuit ruk het Rand Water, plaaslike belanghebbendes en omgewingskenners begin saamspan teen die indringer-waterplante.

Van die strategieë wat nou op gereelde grondslag bespreek en toegepas word sluit in biologiese beheer, fisiese verwydering, chemiese behandeling onder streng toesig, asook opvoedkundige veldtogte om gemeenskapsbewustheid te verhoog.

Rhodes Universiteit se Sentrum vir Biologiese Beheer laat as deel van Rand Water se Water Wisespan weekliks biologiese beheer-agente in die Vaalrivier vry.

Hierdie organismes sluit die mot Niphograpta albiguttalis, Megamelus scutellaris-planthoppers en die kewerspesie Neohydronomus affinis in.

Nie net word die verspreiding van die indringerplante beperk nie, die rivier se ekologiese balans word ook herstel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button