Vanderbijlpark Fotoklub se maandwenners
Die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging spog weer met puik foto's wat tydens die klub se Maart-klubaand opgelewer is. Die maandtema was "Natuur".
In die senior-afdeling (4, 5 Ster en hoër graderings) van die tema-inskrywings was Mietsie Visser se Impalaram in modder gevang as wenfoto aangewys, en Eanette Maass se Jy praat teveel die wenfoto in die junior-afdeling (1 – 3 Ster).

In die monochroom-afdeling was dit klub voorsitter, Henk Scheepers, se beurt om met Determination in die senior-afdeling koning te kraai.
In die oop-afdeling, waar enige foto ingeskryf kan word, was dit Mietsie Visser se foto Vlieg met die karkassie wat as die senior-wenfoto, asook die algehele wenfoto van die aand aangewys is.

Eanette Maass se foto Country Garden was die junior-wenfoto. Sy het ook ‘n derde wen behaal in die selfoon-afdeling met Karoo murasie.
Die klub bied ‘n aanlyn kompetisie aan waar enige foto ingeskryf kan word.
Al die aanlynfoto’s met kommentaar kan op hul webtuiste https://www.vdbp-photo.org/ gesien word.
Die wenner in die afdeling was senior-fotograaf Renee Storme met Vorentoe.

Alle belangstellendes is welkom om by die klub aan te sluit. Die klub kom elke derde Vrydagaand by NWU in Vanderbijlpark om 18:30 byeen.
Vir meer inligting kan Johan Brits by 082 718 8394 of tsawa@yebo.co.za gekontak word.
Besoek ook gerus die klub se Facebookblad VdbpPhotoClub waar daar gereeld interessante wenke en foto’s opgelaai word.


