VANDERBIJLPARK – Drie nasionale driekamp ouderdomstitels in 2025 en ons trek nou eers in April.
Dit is die ontsagwekkende rekord waarmee die oud-Valie, Rudolf Naudé, kan spog.

Die aangenome Pretorianer het die verlede naweek in Port Elizabeth by die 2025 Afrika Driekamp en SuidAfrikaanse Standaard Afstand Kampioenskappe weer sy staal gewys.
Hy het in ‘n tyd van 01:47:21 algeheel tweede geëindig en eerste in die 30-34 ouderdomsgroep.
Dit was in die erkende Olimpiese afstand, maar die verkorte swemskof het dinge bietjie meer uitdagend en interessant gemaak.
Hy het die swem, trap en hardloop skofte onderskeidelik in 9:27, 59:16 en 35:55 afgelê.

“Dit is goeie begin tot die jaar. Nou is dit tyd vir langer afstande,” het ‘n oorstelpte Rudolf na sy string seges gesê.
