Local newsNewsNews

Rubriek: Nalatenskap – dis hoe ons gene rol

Die oumense het altyd gesê uit die mond van die suigeling sal jy die waarheid hoor. So wees versigtig wat jy voor kinders sê is die onderliggende brokkie wysheid. Dit, asook die feit dat genetika en jou opvoeding jou menswees bepaal, is iets wat ‘n ouer in gedagte moet hou. Dominante gene is waarvoor jy …

Die oumense het altyd gesê uit die mond van die suigeling sal jy die waarheid hoor.

So wees versigtig wat jy voor kinders sê is die onderliggende brokkie wysheid.

Dit, asook die feit dat genetika en jou opvoeding jou menswees bepaal, is iets wat ‘n ouer in gedagte moet hou. Dominante gene is waarvoor jy moet katvoet loop.

Dit het ek agtergekom toe ek onlangs my Nissan X-trail by ‘n motorhandelaar in Vereeniging “ingeruil” het.

Die transaksie is ‘n storie op sy eie, maar een vir ‘n ander dag. My jongste het haar ma se gene as dit by rondrits kom.

Wanneer die karsleutels ritsel in jou hand staan sy linksvoor langs die kar met haar handsakkie oor haar skouer.

So gebeur dit die gegewe Saterdagoggend dat my hele gesin: vrou en twee kinders saam pickle.

Waarskynlik in ‘n liefdevolle poging om my kalm te hou. Daar aangekom staan die verkoopsman gereed.

My nuwe ryding blink in die son en staan uit soos ‘n seer duim met die rooi strik wat op die enjinkap pryk.

Ek dink die verkoopsman kon aan die strak uitdrukking op my gesig aflei dat ek nie vir die cliché Facebook-fototjie by die karretjie sou poseer nie.

Salig onbewus oor die situasie-humor wat homself binnekort sou afspeel, het ek my oorblywende besittings uit die Nissan gehaal en oorgelaai na my nuwe ryding.

Nou ‘n paar dinge wat jy van my sprankelende persoonlikheid moet weet is dat karwagte en bedelaars beslis nie bo-aan my kersfeeslysie pronk nie. Voorts beskik ek oor ‘n donker humorsin.

As iemand grond koop gaan ek eers lag en dan help. So iewers is daar ‘n klein hartjie ook.

My twee spruite is ‘n kombinasie daarvan. Ailani, my oudste, is ‘n stil kind en my jongste, Hailey, is loud.

So terwyl ek my goedjies oorlaai kom daar ‘n rolstoelgebonde bedelaar aan. Nog voordat hy iets kan vra verskoon ek myself beskaafd.

Maar hy was nie van plan om so vinnig op te gee nie. So rol hy toe by die hekke in, maar dis hier waar dinge komieklik skeefloop.

Die verkoopsman wat net die “transaksie” wou afhandel, was minder minsaam met die man met die twee stomp beentjies.

My vrou was paraat genoeg om my jongste spruit se ore betyds toe te druk toe die woordbomme begin val.

Sy het ook ter wille daarvan om enige onduidelikheid uit die weg te ruim haar broeksakke omgedop om te wys dat sy nie geld wegsteek nie.

Die grootste verrassing was toe rolstoel omie ‘n beenlose skop na die verkoopsman mik.

Dit het my laat skaterlag en in ‘n swak oomblik, maak ek luidkeels ‘n aanbod terwyl ek wegloop dat ek vir hom R50 sal gee as hy die verkoopsman sal donner.

Gelukkig het my wederhelfte reeds die kinders soos ‘n goeie en getroue skaapwagter aangejaag kar toe. Maar die koeël was deur

die kerk. My klein Mini-Me het genoeg gesien en gehoor om haar donker humorsin-geen te aktiveer.

Toe ons by die hekke uitdraai haak sy mos af en sê. “Pappa, hoekom het jy nie vir die oom geld gegee nie? Ek sê toe: “As hy dit wil hê moet hy dit kom haal.”

Waarop sy skertsend antwoord: “Miskien moet ons die R50 by die ruit uithou dan kan die oom agter ons aanjaag!” My geproes was vinnig gestaak toe ek ‘n doodskyk propvol sien-jy-nou-wat-jy-gedoen-het van my vrou gekry het.

Terwyl ek my pose op pad huis toe probeer hou het, het ‘n gloed van trots deur my wese gegaan met die wete dat my nalatenskap sal voortleef

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button