Juan Boucher bekoor Barnyard-gehoor
VEREENIGING - Die gewilde sanger Juan Boucher het verlede Vrydagaand sy tuisdorp-aanhangers se harte bly gemaak toe hy by Barnyard Vereeniging opgetree het.
Dit was duidelik dat Vereeniging se lieflingseun baie aanhang uit die Vaal geniet. Die Barnyard was lekker vol en daar het ‘n heerlike atmosfees geheers terwyl toeskouers gewag het dat Boucher sy verskyning op die verhoog maak.

En hulle het nie teleurgesteld huistoe gegaan nie. Boucher het die gehoor met van sy treffers bekoor en was nie suinig om tussen die gehoor rond te beweeg en aanhangers die geleentheid te bied vir ‘n foto of twee, of selfs ‘n drukkie en bladskud nie.
Die volgende vertoning waarna uitgesien kan word is die van rock band Prime Circle.

* Barnyard Vereeniging spog met van die beste tegnologie kunsbeligting, klank en audiovisuele stelsels om topgehalte vertonings aan te bied. Kontak hulle om hoë gehalte konferensies en vertonings aan te bied.
