Local newsNews

Valies skitter by Melomaan toekennings

Die Melomaan toekennings het weer 'n goeie oes vir Vaaldriehoek se kunstenaars opgelewer. Enige kunstenaar van Vanderbijlpark, Vereeniging, Sasolburg, Meyerton of Vaalpark wat 'n Melomaan toekenning ontvang het en nie hier genoem word nie, kontak ons gerus.

VANDERBIJLPARK – 10 April was dit weer tyd vir die Melomaan Gala waar Suid-Afrikaanse sangers en akteurs bekroon word vir hul harde werk.

Verskeie Vaaldriehoekers, onder andere Mirandi, Sean Miles, Victor Bravo, Dawid de Wet, 4 Ever Young, Jay Gibson, Yolandie en Lee Luka was onder die genomineerdes.

Sean Miles met die twee Melomaantoekennings wat hy ontvang het.

4 Eva Young het die toekenning vir Afrikaanse medley van die jaar ontvang. Yolandie het die cover lied van die jaar asook musiekvideo van die jaar gewen, terwyl Lee Luka met liedjieskrywer van die jaar weggestap het.

Yolandie het cover lied van die jaar met Caravans verower asook musiekvideo van die jaar.

Sean Miles het die Country lied van die jaar opgeraap met sy Heartbreak Town en dan is hy ook as Engelse Sanger van die jaar aangewys.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button