Local newsNewsNews
Riool en rioolstorting ‘n saak van kommer in Vanderbijl
VANDERBIJLPARK - AfriForum se Vanderbijlpark-tak het opnuut ’n beroep op die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gedoen om dringend in te gryp by die rioolstorting in Berthault van der Rietstraat in CW5.
Die tak het op 10 Februarie ’n skrywe aan ELM gestuur oor die riool wat terugstoot as gevolg van die rioolpyplyne in die omgewing wat in duie gestort het, weens ’n gebrek aan instandhouding.
Volgens AfriForum het ELM steeds nie gehoor gegee aan hul versoek vir ’n aksieplan oor hoe hulle die probleem kan oplos nie.
Verder versoek AfriForum dat die munisipaliteit die besoedelde gebiede skoonmaak.
Indien AfriForum geen terugvoer ontvang nie, sal moontlike regstappe oorweeg word.
* Besoek www.wordlid.co.za om by jou naaste tak aan te sluit en só ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
