Local newsNewsNews

VDBP-begraafplaas is ‘n skande

Riool vloei tussen grafte

VANDERBIJLPARK – Die beleërde Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) se swak dienslewering en verkrummelende infrastruktuur is ʼn groot bron van kommer vir inwoners.

Paaie is gevul met slaggate, vullis word nie verwyder nie en waterplekke en kragonderbrekings is aan die orde van die dag.

Rioolwater vloei vrylik tussen die grafte.

Self Vanderbijlpark se begraafplaas is so vuil, toegegroei en onveilig dat niemand dit meer waag om hulle geliefdes se grafte te besoek nie.

Rioolwater vloei tussen die grafte en die gras groei hoër as die grafte. Volgens inwoners en raadslede is die probleme al verskeie kere by ELM aangemeld, maar wees finansiële en operasionele “uitdagings” word daar niks aan die saak gedoen nie.

Kyla Paulsen ʼn inwoner van Vanderbijlpark het haar frustrasie en foto’s van die haglike toestande op Facebook gedeel.

Die grafte van die Vanderbijlpark begraafplaas is byna ontoeganklik.

“Dit is so hartseer om te sien hoe die begraafplaas agteruit gaan van Vanderbijlpark.

Kan nie eers daar loop nie want die gras is so lank jy weet nie of jy in ʼn gat gaan trap nie die gras is hoër as van die grafstene dat jy dit nie eers kan sien nie.

Die riool water wat tussen geliefdes se grafte is dat jy nie eers daar kan uitkom nie,” het sy op Facebook geskryf.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button