Local newsNewsNews

ELM substasies: ‘n Doring in ons vlees

VANDERBIJLPARK - Druk van die VF Plus het die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit gedwing om 'n assessor te stuur na die NE3-substasie wat onlangs in 'n brand vernietig is.

Die spesifieke substasie voorsien krag aan die NE3-industriele gebied wat groot vervaardigingsmaatskappye vestig, asook aan ‘n informele nedersetting.

“Dit was die tweede keer in twee jaar dat ‘n brand die substasie vernietig. Die vorige keer was die gebied vir dae sonder krag,” vertel rdl. Gerda Senekal van die VF Plus.

Dit was om die rede dat die VF Plus daarop aandring dat die vermoë van die substasie verhoog word om sodoende genoeg krag aan die gebied te verskaf.

Volgens die VF Plus is die kragaanvraag te hoog vir die substasie om te hanteer, wat tot oorlading lei.

Daar was groot skade by die substasie veroorsaak weens die brand.

Rdl. Senekal het ook daarop gewys dat ELM strenger teen mense met onwettige kragverbindings moet optree, aangesien dit ‘n verdere las op die substasie plaas.

“Ons het die munisipaliteit gemaan om herstelwerk vinnig af te handel omdat die fabrieke nie sonder krag kan funksioneer nie. Die fabrieke bied werk aan honderde mense en maak ‘n groot deel uit van Emfuleni se ekonomie,” sê rdl. Senekal.

“Die werkloosheidsyfer in Emfuleni is tans 56% en in die huidige swak ekonomiese omstandighede styg dit deurentyd.

“Weens Emfuleni se swak infrastruktuur is baie fabrieke reeds in naburige dorpe hervestig. Iets wat Emfuleni allermins kan bekostig,” het sy afgesluit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button