Local newsNewsNews

Inwoners omgekrap oor ELM se ‘onwettige’ waterheffing

"Ons is net so omgekrap oor die onwettige waterheffing van die munisipaliteit op diensterekeninge van inwoners wat nie van munisipale water gebruik maak nie".

Dit was VF Plus-raadslid Gerda Senekal se reaksie die afgelope week oor die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) se heffing.

Dit geld veral vir mense met boorgate wat nie by die munisipaliteit geregistreer is nie.
Rdl. Senekal verduidelik:

‘n Heffing vir 30kl word op só ‘n huishouding se rekening geplaas wat beteken hulle moet nou R3 000 per maand betaal vir water wat hulle nie gebruik nie. Waterverbruik in Emfuleni word op ‘n glyskaal gemeet: 0 tot 10kl betaal R25 per kiloliter; 10-20kl betaal R35 per kiloliter; en 20 tot 30kl betaal R42 per kiloliter.

Indien inwoners nie dié heffing betaal nie, word hul ander dienste afgesny.

“Dit is ELM se manier om inwoners te dwing om hul boorgate te registreer,” sê rdl. Senekal.

Die party is nie gekant teen die registrasie van boorgate soos voorgestel deur die waterraad nie, maar verwag van die munisipaliteit om inwoners ten minste per omsendbrief oor die voorwaardes van boorgate in te lig.

Inwoners wie se boorgate geregistreer is, betaal nie ‘n heffing op water nie, maar hul riool-tarief word vermeerder.

“Tans is die heffing onwettig en die VF Plus het reeds ‘n brief aan die munisipaliteit geskryf om die heffing te skrap totdat die bywet hieroor aangepas is,” sê rdl. Senekal.

“Inwoners kan nie vooruit vir water betaal wat hulle nie gebruik nie of nie eers gaan gebruik nie. Dit is uiters onbillik”.

Die VF Plus is verder van mening dat ELM eerder daarop moet fokus om sy belastinggeld effektief aan te wend, as om oorbelaste inwoners verder te melk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button