Local newsNewsNews

Sommige CW5-inwoners reeds 18 dae sonder krag!

VANDERBIJLPARK - Daar is geen einde aan die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se finansiële ellendes nie.

“Die munisipaliteit kan nie eens meer sy elektriese kontrakteurs of verskaffers betaal nie,” sê rdl. Gerda Senekal van die VF Plus in Emfuleni.

Die CW5-gedeelte van Vanderbijlpark is reeds 18 dae sonder krag omdat elektriese kontrakteurs weier om aan die kragprobleem te werk omdat hulle nie vergoed word nie.

“Die diensverskaffer wat drukkers aan die munisipaliteit verhuur, het verlede Maandag die drukkers ontkoppel en die ink verwyder weens wanbetaling,” verduidelik rdl. Senekal.

Dit beteken dat die administratiewe gedeelte van die munisipaliteit nie behoorlik kan funksioneer nie.

Die munisipaliteit het ook nie die finansies om ʼn transformator vir die Ne3-substasie, wat op 11 April in ʼn brand vernietig is, aan te koop nie.

Groot nywerhede is sedertdien sonder krag en kan nie met produksie voortgaan nie.

“Indien die situasie voortduur, is dit onseker of Emfuleni aan die einde van die maand sy amptenare, werkers en raadslede sal kan betaal.

“Daar is geen keer aan die verval van Emfuleni onder die ANC nie en inwoners is die lydende party.

“Om Emfuleni reg te ruk, sal van die ANC en sy onbevoegde kaderaanstellings ontslae geraak moet word,” sluit rdl. Senekal af.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button