Local newsNews

Dié Herfsfees was soos ‘n vakansie

Dinge gebeur by Herfsoord, Siësta en Die Eike in Vanderbijlpark. April is daar lekker makietie gehou.

VANDERBIJLPARK – Vrydagmiddag het Siësta, Herfsoord en Die Eike ‘n Herfsfees gehou om fondse in te samel ten einde ‘n alzheimers eenheid vir die oord te bou.

Die vriendelike dames by die vetkoektafel.

Teen 15:00 het die geur van wors op die kole in die lug gehang en dit het luilekker gemeng met die geure van vars gevulde vetkoeke, pannekoek en kerrie en rys.

Erika du Plessis en Suné Jacobs het Erika se smullekker koeksisters al die pad van Drie Riviere gebring. Foto’s: Gerda Bruinette

By elke stalletjie is daar gesels oor alles en nog wat. Van oraloor het mense met alles van kieries, tot looprame en rolstoele aangekom.Van onder die bome het menige bejaarde se harte vinniger geklop toe die alombekende Manie Jackson begin sing.

Dirk en Marie Holtzhausen geniet Manie Jackson se musiek tydens die Herfsfees.
Capie en Rina Barnard by hul vrolike kaktusstalletjie.

Frans en Erika Oosthuizen agter die worsbroodjie tafel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button