Ons weet wat ons weet… Wat sou jy toor as jy kon?
Sê nou maar jy kon toor, waarvoor sou jy jou toorkuns gebruik het? Noord Skool in Sasolburg se juniors het hul wyshede met Gerda Bruinette gedeel.
Willie Prinsloo Ek sou die skool verander sodat daar meer grade is, sodat ons slimmer kan raak.

Layla van Staden Ek sou toor dat ek die hele dag kan TV kyk en dat Moana sommer net aanhou.

Janco Willemse My toorkragte sou gemaak het dat mense nie meer kan vloek nie, ook nie skreeu nie en geen papiere op die aarde gooi nie.

Jolene Joubert Die mense wat nie huise het nie, ek sou vir hul almal huise toor.

Jackson Botha Ek sou horlosies goud maak en polshorlosies (veral Rolex) cheap maak. Ek hou baie van horlosies.

Michelle Spilsbury Ek toor dat daar baie water is, dat almal nie doodgaan van dorsheid nie. Ek sal vir almal water uitdeel en die krane mag nie druppels lek nie.

