Local newsNewsNews

Taxi-drama op snelweg kring uit

Verwoesting by stadion is stille getuienis van die drank -en musiek orgie

SASOLBURG – Nuwe inligting oor ‘n Taxi-konvooi wat op 27 April amok op die snelweg naby Sasolburg gemaak het, het aan die lig gekom.

Die taxi’s het doelbewus en waaghalsig heen en weer oor die bane geswaai. Aankomende verkeer moes uitswaai en op die skouer van die pad aftrek om ‘n ongeluk te voorkom.

Na wat verneem word was die Taxi’s onderweg na tweede jaarlikse Umdlalo Wase Free State saamtrek wat by die DP de Villiers-stadion gehou is.

Volgens DA-raadslid Jacques Barnard is die byeenkoms sonder enige toestemming by die stadion aangebied.

Die C-rugbyveld asook die area net agter die stadion is in ʼn mynveld van bottels en gebreekte glas gelaat.

Sasolburg se burgermeester en munisipale bestuurder het volgens Barnard ontken dat hulle enigsins bewus was of toestemming gegee het vir hierdie byeenkoms.

Die organiseerders van die byeenkoms het nie op Vaalweekblad se navrae reageer nie.

Diep spore op die C-rugbyveld van die Sasolburg Rugbyklub getuig van die verwoesting. Foto: Verskaf
Van die heel drankbottels wat tydens die skoonmaak opgetel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button