Local newsNews

Ons weet wat ons weet

Jy het drie wense, waarvoor sal jy wens? Laerskool Kollegepark se jongelinge het interessante antwoorde vir Gerda Bruinette gehad.

Sarah Jacobs Ek het gewens dat jy by my kom kuier. Ek wens vir ‘n babapop met ‘n pram en ‘n kombers en dat tannie by my kom oorslaap. (Tannie het die juffie onlangs ontmoet).

Sarah Jacobs

Miané Ackerman Ek wens ek is by die see. Ek wil by my ouma slaap en ek wens ek kan nog ‘n verjaarsdag gekry het. (Sy het onlangs verjaar.)

Miané Ackerman

Mignon Botes Ek wens vir ‘n Labrador, ‘n unicorn en om Disneyland toe te gaan.

Mignon Botes

Callum Maartins Ek wens ek was ‘n monster truck driver. Ek wil ryk wees en ek wil baas wees van ‘n skool soos mnr. Coenie (Kollegepark se hoof).

Callum Maartins

Jan-Hendrik Kloppers Ek wens vir unlimited money, ‘n blou Bugatti en ‘n baie expensive bed.

Jan-Hendrik Kloppers

Liané van Aswegen Ek wil ‘n rooi Lamborghini met ‘n oop dak hê, ek wil met Jan-Hendrik trou en ek wens om ‘n prokureur te wees.

Liané van Aswegen

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button