Local newsNews

Lekker as die Paashaas kom kuier

Wanneer die Paashaas skielik opduik by jou skool, dan kan dinge mos net lekker raak. Lees meer...

VANDERBIJLPARK – Die jongelinge van Chalkboard Champs, ‘n sentrum vir kinders met spesiale leerbehoeftes, was 17 April stomgeslaan toe die Paashaas skielik by hul instap. Mirna sê die kinders het net met groot oë na die vreemde wese gekyk, totdat sy en Nadya amptelik die Paashaas verwelkom het.

Die Paashaas saam met die leerders en eienaars van Chalkboard Champs.

Saam met die Paashaas het twee van die maats se ouma ook kom kuier. Sy het die kleinspan gehelp om al die paaseiers agter in die erf te soek. Min het die twee geweet dat hul eie ma Paashaas gespeel het vir die oggend.

Die kinders het die besoek baie geniet en natuurlik moes die Paashaas baie drukkies kry. Mirna en Nadya Vermeulen, medeeienaars van die sentrum sê hulle waardeer die inisiatief wat geneem is en sê hulle het die oggend net so baie soos die kinders geniet.

Chalkboard Champs help onder andere kinders op die outistiese spektrum, nie net met skoolwerk nie, maar ook deur terapie.

“Ons het sowat 10 kinders tans op die boeke, met nog leerders wat Maandag inskryf. Dis beter om die groep klein te hou sodat ons individuele aandag kan gee.”

Nadya stel die Paashaas aan die kinders voor.

Die twee probeer ook hul maandelikse fondse so laag moontlik hou, maar die kostes om die sentrum aan die gang te hou is hoog.

“Van ons ouers kan regtig nie die skoolfonds bekostig nie en ons wil niemand wegwys nie. Daar is so min plekke wat regtig weet hoe om met kinders op die outistiese spektrum te werk,” vertel Mirna.

Sy en Nadya het albei jare se ondervinding en het self kinders met spesiale leerbehoeftes grootgemaak. Die sentrum sal enige donasies waardeer, maak nie saak of dit R10 of R1 000 is nie. Dalk kan iemand selfs ‘n kind se skoolfonds borg. WhatsApp of skakel gerus vir Mirna op 072 355 7062.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button