
MEYERTON – Skokkende beeldmateriaal van ‘n man wat helder oor dag voor ‘n winkel in Meyerton doodgeskiet is, het vandag op sosiale media opslae gemaak.
https://www.facebook.com/share/v/1AYgy6JEmB/
Op die kringtelevisie kan daar duidelik gesien word hoe ‘n man wat op ‘n gemakstoel sit deur ‘n man in ‘n sluipaanval doodgeskiet word.
Die moordenaar het ‘n swart hoodie en ‘n denim aangehad en het die slagoffer van agter genader en doodgeskiet. Die aanvaller loop daarna rustig weg, terwyl paniekbevange mense na die toneel storm.
Die moord het vroeer vandeesweek plaasgevind. Die polisie is om kommentaar genader.
*Hierdie is ‘m ontwikkelende storie en sal opdateer word.
