Polisie soek verdagtes na sakeman se skietdood
Arshad was ’n toegewyde lid van die ANC.
Die polisie is besig met ‘n soektog na verdagtes ná die grusame moord op Ali Arshad (46), ‘n bekende sakeman en eienaar van Ali Hardware in Meyerton.
Die voorval het op 26 April plaasgevind toe Arshad buite sy besigheid, Ali Hardware geskiet is.
Skokkende kringtelevisie beeldmateriaal het vandeesweek op sosiale media verskyn.
Kliek op die skakel om dioe video te kyk. NIE VIR SENSITIEWE KYKERS NIE
https://www.facebook.com/share/v/1AYgy6JEmB/
Konstabel Nompulelelo Zazini, polisiewoordvoerder, sê die polisie het op ‘n oproep oor ‘n skietvoorval gereageer. By aankoms is hulle deur omstanders na die liggaam van Arshad geneem wat leweloos op die grond gelê het.
Mediese personeel van ER24 het die Arshad op die toneel dood verklaar.
Volgens Zazini is die motief vir die moord tans onbekend en is daar nog geen arrestasies gemaak nie. Die polisie-ondersoek duur voort.
