Local newsNewsNews

‘n Kans om haar verspring-drome ‘n hupstoot te gee

VANDERBIJLPARK - "Die dissipline, fokus en plofbare krag van verspring het my nog altyd gefassineer. Nou is dit meer as 'n sport van my, dis 'n passie wat my lewe help vorm het."

Dit is hoe die talentvolle Valia-atleet, Alethea Visser, oor atletiek, in besonder verspring voel.

Alethea is die huidige o19 verspringrekordhouer van Gauteng met ‘n afstand van 5.96m.

Maar dit verg harde oefening en deursettingsvermoë om so ‘n mylpaal in ‘n gewilde sportsoort wat wêreldwyd beoefen word te behaal.

“Ek oefen onophoudelik, werk deur terugslae, en hou aan om in my potensiaal te glo, selfs wanneer die pad moeilik raak,” vertel die jong dame.

Sy is ook ‘n voortreflike 100m atleet en hokkiespeler. Dus spandeer sy baie ure op die atletiekbaan en op die hokkieveld.

Alethea is ook ‘n groot diereliefhebber en ry graag perd.

‘n Gewone dag vir Altethea skop vroegoggend af in die gimnasium, dan moet sy skool toe en as matriekleerder het dit sy eie uitdagings.

Na skool spandeer sy sowat ‘n uur om atletiek te oefen, en daarna nog ‘n uur se hokkie-oefening.

Hierdie harde werk is onlangs beloon met ‘n uitnodiging om internasionaal aan verspring te gaan deelneem.

“Om gekies te word om aan die Top Europese Atletiekkompetisie in Swede deel te neem, is vir my ‘n groot eer, maar die finansiële koste van reis, verblyf en deelname is iets wat ek en my ouers nie op ons eie kan bereik nie,” sê Alethea.

Sy is die enigste kind van Cobus en Natasha Visser. En natuurlik is dié ouerpaar baie trots op hul dogter se prestasies.

Indien daar plaaslike inwoners of besighede is wat Alethea se droom om in Swede te gaan deelneem kan help bewaarheid, sal dit baie waardeer word.

“U borgskap sal nie net ‘n belegging in een kompetisie wees nie – dit sal ‘n geloof in ‘n jong atleet se droom wees. Dit sal my help om ervaring op ‘n internasionale vlak op te doen, met top afrigters en atlete in aanraking te kom, en deure vir toekomstige kompetisies oop te maak,” sê Alethea.

Klik op die skakel om Alethea te ondersteun.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button