Local newsNews

Die entrepreneur glo jy kan as jy wil

Om jou eie besigheid te begin en aan die gang te hou is nie maklik nie, maar Michael Sutton het bewys dit kan gedoen word.

SASOLBURG – Michael Sutton het ‘n groot aandeel in hierdie jaar se Melomaan toekennings gehad. Nie net het hy vir die wenner nuwe sertifikate ontwerp nie, hy het ook die digitale voorlegging vir die Gala-aand saamgestel en is die een wat hul webtuiste ontwerp het.

Hy het nie sy loopbaan as webontwerper begin nie. Vir ‘n hele paar jaar was hy ‘n gesondheid- en veiligheidsbestuurder wat baie tyd in Dubai, Bahrain en Kuwait deurgebring het.

“Ek was net keelvol vir al die sand. My vrou het op daardie stadium sensoriese materiaal verkoop en die kwotasies om ‘n webtuiste te bou en onderhou was baie duur. Wel, toe dink ek, how hard can it be?” vertel Michael.

Hy het gou besef hy sal vinnig moet leer en dat daar baie is om te leer. Deur YouTube, Google en elke aanlyn platform waarop hy kon afkom, het hy geleer hoe om webtuistes te bou. Nie net copy en paste op ‘n sjabloon (template) nie, maar uniek en oorspronklik.

Sy vrou was tevrede. Die woord het versprei en hy het ook aanlynkursusse begin ontwerp vir besighede, so ver as Skotland. “Ek het ‘n passie vir wat ek doen en dis vir my lekker om deel te wees van iets groter as ek. Soos met die Melomaan toekennings. Dit was ‘n voorreg,” glimlag hy.

Sy besigheid, Your Web-Your Way het sy babaskoene ontgroei, maar Michael hou steeds ‘n oog op die nuutste ontwikkelinge in die webwerf ontwerp- en instandhoudingsbedryf. “It’s a tough business, maar ek geniet dit. Dit het my net weer geleer, jy kan as jy wil.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button