VANDERBIJLPARK – ‘n Lewensviering by kerslig vir Vilano Saunders vind eerskomende Maandagaand (12 Mei) om 18:00 op die hoofrugbyveld van die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlpark plaas.
Vilano, ‘n tweedejaars-onderwysstudent het Saterdag 3 Mei ‘n ernstige nekbesering opgedoen en is later in die Sebokeng-hospitaal in Vereeniging oorlede. Bywoners moet hul eie kerse saambring.