News

Drie motors betrokke in ongeluk in woonbuurt

Dit is kommerwekkend dat die ongeluk in 'n area plaasgevind het waar daar gereeld voetgangers is.

VANDERBIJLPARK – Drie motors was vanmiddag omstreeks 13:00 in ‘n ongeluk op die hoek van Darby- en Good Yearstraat in CW6 betrokke.

Omstanders op die toneel het vertel hoe een van die motors (‘n silwer Polo) glo redelik vinnig in die straat gery en nie by die kruising gestop het nie.

Daar kan bygesê word dat die stoptekens wat by die kruising behoort te wees, nie meer daar is nie.

Die Polo het toe ‘n Nissan-bakkie so hard getref dat laasgenoemde op sy dak te lande gekom het.

Die ongeluk het ‘n kettingreaksie veroorsaak.

Die Nissan-bakkie het op sy beurt ‘n Taljaard-taxi getref, wat op sy beurt agteruit deur ‘n betonmuur is.

Die bestuurders van die onderskeie motors is op die toneel behandel en daarna hospitaal toe vervoer.

Niemand is noodlottig in die ongeluk beseer nie.

Die VW Polo wat in die ongeluk betrokke was. Foto’s: Elsje Vermeulen
Die Nissan-bakkie wat hard getref en op sy dak te lande gekom het.
Die Taljaard-taxi wat gestamp en tot teenaan ‘n woning se betonmuur tot stilstand gekom het. Die betonmuur is in die proses beskadig.
Die Nissan-bakkie word deur ‘n insleepdiens regop getrek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button