Local newsNewsNews

Nuwe vervoerfasiliteit gaan verligting bring

Die voltooiing van die fasiliteit beteken dat pendelaars nou toegang tot ’n veilige en georganiseerde vervoernetwerk het

ORANGE FARM – Die inwoners van Orange Farm het rede tot vreugde nadat die City of Johannesburg, in samewerking met die Johannesburg Ontwikkelingsagentskap (JDA), die voltooiing van die splinternuwe openbare vervoerfasiliteit aangekondig het.

Die projek, wat R49 miljoen gekos het, is strategies geleë op die hoek van Linkweg en St Patrick’sweg en beloof om ’n groot verskil aan die daaglikse pendelervaring van duisende inwoners te maak.

Die fasiliteit is ontwerp met veiligheid, toeganklikheid en gemeenskapsintegrasie as kernbeginsels.

Dit sluit moderne wagareas, doeltreffende laaisones vir taxi’s, wasgeriewe, stalletjies vir informele handelaars, asook ablusiegeriewe vir gestremde persone in.

Verder is ’n openbare plein met sitplekke geskep om ’n gemeenskapsvriendelike ruimte te bied waar mense kan vergader en handelaars hul besighede kan bedryf.

Volgens die JDA vorm hierdie projek deel van ’n groter strategie om weg te beweeg van mega-fasiliteite en eerder op gemeenskapsgerigte vervoeroplossings te fokus.

Die voltooiing van die fasiliteit beteken dat pendelaars nou toegang het tot ’n veilige en georganiseerde vervoernetwerk, wat tot verhoogde ekonomiese aktiwiteit en verbeterde lewenskwaliteit in die streek kan lei.

Plaaslike inwoners en taxi-operateurs het die opening verwelkom, en hoop dat dit verdere ontwikkeling en belegging in Orange Farm sal aanmoedig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button