Local newsNews

Lion Jay & Friends was ‘n eersteklas Country aand

Wanneer van die land se beste Country sangers saamkom op een aand, dan weet jy dit gaan spesiaal wees. Lees meer...

VANDERBIJLPARK – Die reën het niemand afgesit nie. Sharky Town was behoorlik gepak en op die verhoog het dit gekook.

Die Vaal se eie singende skoolhoof, Sean Miles het sy aanhangers op hul voete gehad.

Op 1 Mei was dit weer tyd vir Lion Jay se jaarlikse Country fees waar hy al sy vriende en kennisse in die Country bedryf saam kry vir ‘n onvergeetlike aand van goeie musiek en lekker kuier.

Lion Jay net voor hy weer op die verhoog moet gaan. Foto’s: Gerda Bruinette

Die verrigtinge het al 15:00 afgeskop met onder andere optredes deur Corné Rust en Will Jordan. Lion Jay self het kort-kort ook van sy treffers gesing. Die dansbaan was bykans die heeltyd vol en om die tafels is daar lekker gekuier.

IFM se Get Up&Go omgeegroep was ook daar en het gereeld op die dansbaan gaan draa

Van die ander musikante wat van hulle laat hoor het was Karlien Husselman en haar man Anthony, Danie van der Walt, Nadine Burness en Suzette Jacobs.

Christo en Amanda Castelyn vat ‘n vinnige breek, hulle het bykans nie ‘n dans uitgesit nie.

Naas Lion Jay, het Collin Dee en Sean Miles ook die Vaaldriehoek op die verhoog verteenwoordig. Natuurlik is geen Country show volledig sonder die talentvolle rodeo girls nie.

Die Rodeo Girls bring al vir dekades hul spesiale danspassies na Country feeste.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button