Vaal se Proteaspelers maak gereed vir toetsreeks in Duitsland
VANDERBIJLPARK - Die SA-toernooi was onlangs by Cecil Oldridge Park gehou en die plaaslike spelers het behoorlik uitgeblink in die onderskeie afdelings.
Sowat 200 spelers vanuit vyf streke (Sedibeng; Gauteng Noord; Gauteng Sentraal; Limpopo en die Vrystaat) het in spanverband in drie afdelings deelgeneem.
Na afloop van die toernooi het Sedibeng in die A, B en C afdelings as oorwinnaars uit die stryd getree.
‘n Besondere prestasies is deur Parys Ringtennis Klub, onderleiding van Esther Goosen behaal, toe 16 van die 40 spelers van Parys Ringtennisklub vir die Nasionale verteenwoordigende spanne gekies is.
Breyton Herbst, Didi Hinrichsen en Melicia Fourie van Vanderbijlpark is by die Proteaspan ingesluit, wat op 1 Junie na Duitsland vertrek om aan ‘n toetsreeks deel te neem.
Elisna Hinrichsen gaan ook saam as lid van die o23 nasionale span.




