Local newsNews

Adrenalien gelaaide aand by die wedrenne

Al wou die winterluggie begin byt was die aksie op die baan steeds vuurwarm by die Ultimate Outlaws resiesbaan

VEREENIGING – Rondom die resiesbaan was die paaie modder, die gras nat, maar dit het nie die toeskouers of renjaers afgesit nie.

Jandre Kruyshaar van Pretoria Oos voor sy eerste resies by Ultimate Outlaws. Foto: Gerda Bruinette

Die toeskouers het van 14:00 af hul weg deur die hekke gesien en agter onder die afdakke het die renjaers en hul crews vir oulaas aan engines gestel en seker gemaak bande is reg.

Charles Carlson (Jnr) en Jacques Roos ontspan voor die aand se renne begin. Foto: Gerda Bruinette

Die tafel was gedek vir ‘n opwindende aand van wedrenne by Ultimate Outlaws resiesbaan by die ou Vaalskougronde.
Almal was in aksie van die Ninjas en Junior Developments tot by die Stockrods, Hodrods en Tin Tops.

Dewan Roos en Levi van Aswegen, opgewonde vir hul wedren om te begin. Die twee is albei van Klerksdorp. Foto: Gerda Bruinette

Die aand se uitslae is:
Ninja Midgets

1. Jason White, 2. Kyle Saayman en 3 Levi van Aswegen

Junior Development
1. William Butler, 2. Jordan Fourie en 3. Arno Oosthuizen

Ian van Deventer besig met die laaste elektroniese verstellings voor die wedren. Foto: Gerda Bruinette

Stockrods
1. Marius Gouws, Ian van Deventer en 3. Louis Nel

Tin Tops
1. Francois Verwey, 2. Mario Roth en 3. Matthys van der Merwe

Resiesjaer Chris Sideways Benecke saam met ‘n ondersteuner Ettienne de Waal. Foto: Gerda Bruinette

1660 Modifieds
1. Dylan Lange, 2. Dylan Fourie en 3. Spanner Pretorius

2L Hotrods
1. Waldi Henning, 2. Donovan Vorster en 3. Tokkos Joubert

Luhan Uys van Drie Riviere wys hy is reg vir die aksie. Foto: Gerda Bruinette

National Hotrods
1. Amos Cockeram, 2. Isak Spies en 3. Tollie Goosen

V8 Sprints
1. Jacques Roos, 2. Stephan Fouché en 3. Quintin Saayman

Roy Hough van Vereeniging net voor die opwarmingsrondtes. Foto: Gerda Bruinette

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button