Local newsNewsNews

Opdatering oor beweerde ontvoering

Geen leerling van die Hoërskool Transvalia tot dusver as vermis aangemeld is nie.

VANDERBIJLPARK – Stemposboodskappe van ‘n ooggetuie wat Vrydagmiddag (9 Mei) na bewering gesien het hoe ‘n skoolmeisie  “ontvoer” word, het sedert gistermiddag soos ‘n veldbrand deur die Vaaldriehoek en die res van die land versprei.

In die boodskappe is onder meer beweer dat die ooggetuie gesien het hoe ‘n “leerder van die Hoërskool Transvalia” vermoedelik huis toe gestap het toe sy deur mans in ‘n wit voertuig agtervolg en uiteindelik in hul kar ingeboender is. Die mans het volgens die ooggetuie daarna met die meisie weggery.

Nadat die boodskappe duisende kere op WhatsApp en Facebookgroepe gedeel is, het talle bekommerde ouers en ander lesers Vaalweekblad gekontak met die versoek om vas te stel wat die ware feite is.

Wat Vaalweekblad tot dusver kon uitvind, is dat daar waarskynlik wel ‘n voorval was waar ‘n meisie of jong vrou naby die skool deur mans in ‘n voertuig ingedwing is, maar die omstandighede, sowel as die betrokkenes se ras, is nie bekend nie.

Dit kon dalk ‘n heel onskuldige voorval tussen vriende gewees het. Daar is ook geen sekerheid dat die meisie wel ‘n skoolkind is, of ‘n spesifieke skool se kleredrag aangehad het nie.

Transvalia se bestuur het laat laasnag ‘n boodskap op sosiale media geplaas om die gemeenskap gerus te stel dat daar geen ontvoering van een van hul leerders plaasgevind het nie.

“Die SAPS het die saak ondersoek en ons as skool kan hiermee bevestig dat die saak opgelos is,” lui die skoolbestuur se boodskap.

Vaalweekblad is in kontak met die polisie se ondesoekbeampte sowel as met die skool, maar geen verdere inligting gaan in dié stadium bekend gemaak word nie.

Dit is duidelik dat die beweerde voorval die polisie en skool se intensiewe aandag gekry het en steeds baie sensitief hanteer word.

Vaalweekblad se berig oor die voorval het sedert gister reeds ‘n posreikwydte van meer as 50 000 behaal, wat aandui hoe ernstig dit deur lesers beskou word.

Vaalweekblad sal lesers op hoogte hou as die skool of polisie enige verdere amptelike verklarings uitreik, maar in hierdie stadium kan die publiek gerusgestel word dat geen leerling van die Hoërskool Transvalia tot dusver as vermis aangemeld is nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button