Local newsNewsNews
Vaal-bruide genooi om in te skryf
Vaalweekblad se Bruid van die Jaar 2025 het afgeskop en ons spog reeds met heelwat inskrywings. Onthou, inskrywings is gratis.
Bruide van die Vaal en omliggende dorpe (Vereeniging, Meyerton, Vanderbijlpark, Sasolburg, Parys, Frankfort en Vredefort) wat in 2025 die knoop deurhaak word genooi om aan Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem.
Net soos al die vorige jare sal daar weer pryse op die spel wees.
Stuur dus jou mooiste troufoto (alleen, of as jy verkies saam met manlief) met die nodige inligting (jul name en van, van watter dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penelope@mooivaal.co.za
Al die 2025 inskrywings sal in Vaalweekblad verskyn en is sal ook deurlopend op ons webtuiste beskikbaar wees.
Nog van die inskrywings:


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
