Local newsNewsNews

Rubriek: Is ons kinders kanonfodder op die rugbyveld?

Rugby, brannas, biltong en braai! Dis SuidAfrika in ‘n neutedop. Hoewel ek aanvanklik my lot wou bekla oor die pre-historiese, bloeddorstige muskiete wat my langs die rugbyveld op die oewers van die Vaalrivier byna doodgesteek het, het die aanslag van my rubriek ‘n wending geneem, met die tragiese afsterwe van Vilano Saunders wat op 5 …

Rugby, brannas, biltong en braai!

Dis SuidAfrika in ‘n neutedop. Hoewel ek aanvanklik my lot wou bekla oor die pre-historiese, bloeddorstige muskiete wat my langs die rugbyveld op die oewers van die Vaalrivier byna doodgesteek het, het die aanslag van my rubriek ‘n wending geneem, met die tragiese afsterwe van Vilano Saunders wat op 5 Mei oorlede is nadat hy verlede Saterdag in ‘n rugbywedstryd verlam is. Wonde is rou en modder word rondgeslinger.

Die term growwe nalatigheid het vandeesweek te veel kere opgekom. Wie is aanspreeklik vir ‘n jongman, wat in die fleur van sy lewe gesterf het terwyl hy sy passie vir rugby uitgeleef het? Maak dit saak? Beslis, ja!

Daar is net iets onnatuurlik daaraan dat ‘n ouer sy kind moet begrawe. Hoewel niks hom kan terugbring nie, moet daar eienaarskap aanvaar word en daar moet geregtigheid en afsluiting vir die ouers wees. Rugby is ‘n kontaksport en beserings is onvermydelik.

Maar voorsorg is mos beter as nasorg, is dit nie? Boksmart en opleiding van afrigters om spelers se welstand te beskerm is een van SA Rugby se hoofprioriteite.

Sedert Boksmart se implementering in 2009 is daar oor ‘n tydperk van vyf jaar ‘n afname van 24% in ernstige beserings op skoolvlak aangemeld. In Suid-Afrika is ernstige ruggraatbeserings wat verband hou met rugby relatief skaars, maar steeds ’n ernstige bekommernis.

Tussen 2008 en 2013 is 71 ernstige rugbybeserings aangemeld, wat gemiddeld ongeveer 12 beserings per jaar uitmaak.

Hierdie beserings het akute rugmurgbeserings (ASCI’s) en traumatiese breinbeserings (TBI’s) ingesluit.

Ofskoon die statistiek akkuraat is of nie, dis 12 beserings per jaar te veel. Voortdurende waaksaamheid en die nakoming van veiligheidsprotokolle is noodsaaklik.

Maar een ding wat ek oor die jare gesien het is dat skokkende onkunde van paramedici, veral by skole -en klubwedstryde. Wie lei die mense op? Mens maak mos blindelings daarop staat dat hulle kundig en professioneel is.

Jare gelede het Dr. Jona Patricios, Cogsport begin, waar spelers breinskanderings voor die seisoen ondergaan om te bepaal hoe die betrokke speler se breinfunksionering daarna uitsien, dan wanneer die speler moontlik tydens die seisoen met harsingskudding terugkom is daar ‘n basislyn as vertrekpunt.

Hy het detyds aangevoer dat dit sal bepaal hoe lank ‘n speler nie mag kontak maak nie.

Sewe tot 14 dae is gewoonlik die minimum rustydperk, maar dit kan tot drie of ses weke wees afhangend die neurokognitiewe toetsing.

Die groot bekommernis is dat meer en meer skoolseuns hokkie speel of bergfietsry. Vir die voortbestaan vir rugby is dit nie goed.

Ek speel al meer as ‘n dekade met ‘n idee.

Of dit prakties uitvoerbaar is sal deur meer belese mense as ek bepaal word. Ja, ek weet daar is die Chris Burger and Petro Jackson-spelersfonds.

‘n Nie-winsgewende organisasie wat toegewy is aan die ondersteuning van rugbyspelers wat katastrofiese kop-, nek- of rugmurgbeserings in rugby opgedoen het.

Die fonds is gestig ter nagedagtenis aan twee jong rugbyspelers, Chris Burger en Petro Jackson, wat tragies hul lewens verloor het as gevolg van beserings op die rugbyveld.

Kan daar nie tog nasionale mediese dekking vir alle rugbyspelers in Suid-Afrika beding word nie?

Suid-Afrika het ongeveer 434 219 geregistreerde rugbyspelers van skoolvlak tot by die hooste sport van die leer.

As elkeen ‘n minimale bedrag betaal en die klubs, skole en unies, asook die staat gooi ‘n paar rand in die mediese koffer, kan mens sekerlik iewers mediese dekking beding.

Miskien is dit ‘n voorstel wat aan die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, gemaak moet word…

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button