Local newsNews

Stokperdjie word haar besigheid

Vir die meeste mense is 'n stokperdjie net 'n tydverdryf om so bietjie te ontspan, maar dan kry jy mense soos Sya van Niekerk wat haar stokperdjie in 'n besigheid omskep het. Lees meer...

VEREENIGING – Sya van Niekerk onthou die dae wat sy ‘n voldag kantoorwerk gehad het, en naaldwerk sommer net ‘n stokperdjie was.

“Ek het huishoudkunde op skool gehad en naaldwerk het my gefassineer,” verduidelik sy. Sowat 22 jaar gelede het sy nie meer kans gesien vir kantoorwerk nie. Op daardie stadium het sy gereeld rokke gemaak vir haarself, dogter en vriendinne. Dis toe wat sy besluit het om haar stokperdjie haar besigheid te maak.

Van die kleurvolle kussings wat Sya gereeld op markte uitstal. Foto’s: Gerda Bruinette

“Ek het my besigheid begin bemark, maar my vriendinne se vriendinne het begin aanklop en kort voor lank het ek enige iets gemaak van trourokke tot dagrokke.”

Op ‘n kol het sy moeg geraak om net klere te maak en het sy begin om sublimasie drukwerk op materiaal te doen en vandaar af die mooiste kussings, tafellappe, voorskote en rokke te maak.

Sublimasie drukwerk behels dat ‘n spesifieke prent op spesiale papier gedruk word en dan met ‘n hittepers op die materiaal ingebrand word.

Sowat drie jaar gelede het sy begin om haar spesiale kussings, voorskote en ander lapwerk op vlooimarkte te verkoop. Wat net as ‘n nou en dan begin het, het uitgebrei na stalletjiedae elke naweek, party dae op Saterdae en Sondae.

Alhoewel sy haar toespits op die Vaaldriehoek het sy ook al aan die Rand en so ver as Clarens uitgestal. Intussen vorder haar besigheid steeds fluks en kry sy bestellings vir haar unieke rokke van so ver as Meksiko en Perth in Australië.

“Ek is net dankbaar vir die groot materiaalwinkels in Vereeniging. Ek het my man al mooi geleer om die regte materiaal en hoeveelheid te koop, so ek kan rustig in my werkskamer voortwerk,” vertel sy met ‘n groot glimlag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button