Local newsNewsNews

Empathy Walk: Kom stap saam in jou blou hemp

VANDERBIJLPARK - Alle plaaslike inwoners word genooi om Vaalweekblad se Empathy Walk te ondersteun. Behalwe dat dit gratis is, en jy en die hele gesin daardeur 'n goeie doel ondersteun, gaan dit 'n heerlike oggend in die natuurskoon wees.

Vaalweekblad se Empathy Walk vind op 7 Junie by die Emerald Resort en Casino se wildreservaat plaas.

Deelname is gratis, maar klereskenkings (alles van hemde tot skoene) en nie-bederfbare kos sal waardeer word.

Die gestappery word in samewerking met die weeklikse Park Run wat daar aangebied word gehou.

Dit begin om 07:00 vir 07:30 en deelnemers wat spesifiek die Empathy Walk wil ondersteun word gevra om blou hemde te dra.

So bring jou hele gesin en geniet die oggend saam.

Alles wat ontvang word op die dag sal geskenk word aan mense in nood in ons plaaslike gemeenskap.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button