Bekende Vaal inwoner oorlede
Rus in vrede, Mnr. Karl-Heinz Kohler. Ons simpatie met sy familie en vriende.
VANDERBIJLPARK – Mnr. Karl-Heinz Kohler, ‘n jarelange inwoner van die Vaaldriehoek, is 21 Februarie oorlede.
Mnr. Kohler is 2 Februarie 1948 in Duitsland gebore. Die gesin verhuis na Vanderbijlpark in 1951.
Hy was in Laerskool Totius en daarna in Hoërskool Transvalia alvorens hy sy studies in Duitsland aangepak het. In 1968 het hy by Diesel Electric in Kaapstad begin werk.
Die Kohlers verhuis in 1981 na Vanderbijlpark waar hy drie dekades vir Teljoy gewerk het. As radio en TV tegnikus het hy kliënte gehad van sover as Koppies, Frankfort, Heidelberg, Deneysville en Meyerton.
Mnr. Kohler laat sy vrou Marianna, sy dogter Julie Hawley, kleindogter Morgan Hawley en skoonsus Clifford Hawley na.
