Local newsNews

‘n Aand met kerslig, rooiwyn en goeie poësie

Ter herdenking aan ons taal wat nou 100 jaar as amptelike taal herken word, is daar 'n baie spesiale aand by Kunstedraai gehou.

VANDERBIJLPARK – Saam met die Afrikaans word 100 vieringe landswyd het Kunstedraai se eienaars, Riette Odendaal en Franciska van der Merwe, ‘n Afrikaanse Poësie aand gereël.

Daar was ‘n verskeidenheid van sop en allerlei brood te ete, maar die kos was, alhoewel lekker, nie die groot trekpleister nie.

Emil van Zyl lees Adam Small se Oppie Parara voor, terwyl sy vrou Ella toekyk.

Dit was die geleentheid om saam met digters en digkuns liefhebbers om ‘n lang tafel oor ‘n glasie wyn te kon kuier wat die grootste plesier verskaf het.

Die okkasie is in Kunstedraai se koffiewinkel gehou en vir die geleentheid is kerse oral opgesteek. Die tafels was besaai met digbundels.

Die gedagte was dat enige een uit ‘n digbundel op die tafel kon voorlees. Digters kon ook van hul eie werke voordra. Franciska het die eerste gedig aan die woord gestel met ‘n voorlesing van ‘n gedig geskryf deur haar skoonseun, oor Afrikaans vanuit Australië.

Daarna het verskeie mense boeke opgeneem en voorgelees, van Adam Small tot by Langenhoven se spreuke, Ingrid Jonker, Toon van den Heever en selfs ‘n rympie van Jaco Jacobs het opgeklink.

Van die gaste het ook hul eie gedigte voorgelees wat groot byval gevind het. Tussendeur is daar staaltjies uitgeruil en lekker gekuier. Hierdie is beslis ‘n aand wat vir herhaling vra.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button