Local newsNews

Ons weet wat ons weet

Op 8 Mei het ons Afrikaans se 100 jaar as amptelike landstaal gevier. Gerda Bruinette het met die juniors van Laerskool Emfulenipark gaan gesels oor wat hulle geniet in Afrikaans.

Mieke Naudé Ek hou daarvan om te lees van Sussie se boeke en Tippie boeke. Ek luister ook na baie verskillende Afrikaanse liedjies.

Mieke Naude

Michael de Beer Ek hou van Afrikaanse leesboeke, veral die Tippie boeke en Vlooi boeke. Ek kyk ook Afrikaanse krieket stories. Ons speel vandag weer krieket. Ek is ‘n bouler.

Michael de Beer

Chiara Walker Ons luister altyd na Afrikaanse liedjies in Ouma se kar en ek kyk baie goed op televisie in Afrikaans wat my ma en pa kyk, dan kyk ek ook maar. Ek geniet die Biebie en Kalla en Tippie boeke.

Chiara Walker

Elwee Specht Ek hou van Afrikaanse musiek soos Brendan Peyper en Bok van Blerk. Ons kyk baie KykNET by die huis. Ek en my ma lees saam boeke, soos die Tippie boekie en die Gemaskerde skoonmakers.

Elwee Specht

Levan Nortjé Ek hou meer van Engelse liedjies en kyk net rugby movies. Ek lees Tippie en Vlooi boeke.

Levan Nortje

Gia Daib Ek hou van Afrikaanse musiek en luister dit oor die radio. Ek kyk net Liewe Heksie. Ek hou baie van lees, Tippie en Pinocchio. Ek moet nog leer om ‘n Bybel te lees, Mamma lees die Bybel vir my. Ek het baie boeke, maar ek kan nog net Tippie en Pinocchio self lees. (Sy is in Graad 1.)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button