Local newsNewsNews

Sasolburg se Cobras giftig in eerste ligawedstryd

VANDERBIJLPARK - Die Sasolburg Rugbyklub (die Cobras) het in sy eerste Merlin-ligawedstryd 'n oortuigende oorwinning teen die span van VUT behaal.

Die wedstryd is verlede Saterdag by die Isak Steyl-stadion (VUT se tuisveld) gespeel.

Dit was uit die staanspoor duidelik dat die Cobras se hardebaarde net te sterk vir sy teenstanders was. Die jong manne van VUT het die indruk geskep dat hulle ‘n tekort aan ervaring en dissipline het.

Die grootste vraag was hoe ver die Cobras sou wen. Die eindtelling was 40-21.

“Dit was ‘n goeie begin vir die liga en ons hoop om verder op die welslae te bou. Die manne het regtig hulle hande opgesteek, maar ons het nog harde werk vir dit wat voorlê,” het hoofafrigter Deon van Rooyen aan Vaalweekblad gesê.

Uit ‘n speler se oogpunt het kaptein Nardus van der Merwe ook goeie terugvoer oor die wedstryd gegee. “Skrums en lynstane het goed gewerk en ons voorspeler-struktuur het gewerk as ons bal in hand hou en geen snaakse goed doen nie.

“Agter het dit op tye goed gegaan as ons die bal deur die hande sit. Hulle het ons onder druk gesit met die vinnige opskiet en as hulle bal in hand kry was dit moeilik om hulle te stop met die spoed en voete.

“Maar die seisoen lyk blink as die manne getrou bly, en beserings ons uitlos kan dit net beter gaan.”
Die Cobras kom vandat op sy tuisveld by die DP de Villiers-stadion, teen die Kemptonpark Wolwe te staan.

Die tweede spanne is om 14:40 in aksie en die eerstes spanne skop om 15:00 af.

Christiaan Mans van die Cobras op vaart en moeilik om te keer. Foto’s: Elsje Vermeulen
Pearcy Kelem Makoena duik oor die doellyn vir die Cobras.
Juandre Pretorius, die Cobras se haker, maak gereed om die bal uit te gee terwyl hy deur die VUT-spelers opgetel en vasgehou word.
Die Cobras se Frikkie Smith met bal in hand, terwyl spanmaat Zander van Rooyen (agter) bystand lewer.
Maxtin Erxleben van die Cobras met bal in hand op die aanva., en kort agter hom is spanmaat Steve van der Walt.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button