Coolste passasier in Vanderbijlpark
VANDERBIJLPARK - Jackie Botha het onlangs die oulike passasier in Vanderbijlpark gewaar en 'n foto geneem. Sy het dit op Vaalweekblad se Facebook gedeel en baie lesers het boodskappe gedeel. Lees meer!
Jacky se oorspronklike boodskap:
“Die ou met die Wit Polo. Jy wen die prys vir die beste pick-up line om dates te kry. Jou hond is te pragtig. En hoe hy sy gesig gooi terwyl jy ry dit het ons dag gemaak”.

Meer as 550 ander inwoners het Jackie se mening op ons Facebook beaam.
Hier is nog boodskappe:
Natasha Maree – “Dis nou ‘n fabulous post. Honde bly dié beste.”
Theresa Fouche – “Ek het hom ook al ‘n paar maande terug gesien. Baie bly vir hierdie foto’s. Myne was nie van so naby nie”.
Amorei Wright – “Ons hom ook gesien by Checkers in die dorp, dit het my dag gemaak gister.”
Adele Pretorius – “Ag dis mos nou oulik, defnitief ‘n chick magnet 10 uit 10″.
Tina Cowie – “Hehe die hond is baas in daai kar, nogal sonbrille ook.”
Met soveel belangstelling sal Vaalweekblad graag met die eienaar en sy hond in aanraking wil kom.
Indien iemand die eienaar ken, of die eienaar die boodskappe sien, word hy gevra om Elsje Vermeulen by 083 417 1059 te kontak.
