VLU se Alpha-tak geniet hul samesyn
Die VLU is steeds bedrywig in die Vaaldriehoek en palm jaarliks pryse vir hul projekte in.
VANDERBIJLPARK – Elke eerste Dinsdag van die maand is ‘n spesiale oggend vir die dames van die Alpha-tak van die VLU. Dan word daar lekker gekuier, na sprekers geluister of projekte beplan en uitgevoer.
Op 6 Mei het Janine van Niekerk van Radio Kansel met die dames gesels oor hoe om ‘n anker vrou in die lewe te wees. Almal was dit eens, dat dit voorwaar ‘n verrykende ervaring was.
Natuurlik is die sowat 80 dames na die tyd getrakteer met heerlike verversings, tee en koffie. Die VLU se doelwitte is om dames te inspireer en te onderrig in verskillende vaardighede.
Hulle neem ook deel aan verskeie gemeenskapsprojekte en raak betrokke by byvoorbeeld skole vir kinders met gestremdhede.
Nog lede is altyd welkom. Kontak gerus vir Suzette du Toit by 0823779186 om deel van hierdie dinamiese organisasie te word.
