Local newsNews

Vrywilligers hou Sasolburg veilig

Sasolburg en omgewing se misdaad is aan't dale danksy vrywilligers wat saam met die SAPD werk.

SASOLBURG – Sasolburg Safety onder leiding van André Snyman bestaan uit ‘n groep vrywillige patrolleerders wat in samewerking met die SAPD werk om misdaad in die dorp en die groter Metsimaholo omgewing te bekamp.

Daar is altyd mense aan diens wat Sasolburg Safety se nommers beman en van daar af kontak hul na behoefte die polisie en ambulans dienste.

Hulle patrolleer ook die industriële gebied tussen 18:00 en 06:00 elke nag. Christina Delport het vir jare ‘n huis van veiligheid bedryf waar sy dwelmverslaafde tieners gehelp het om hul verslawing te oorkom en hul ‘n tweede en selfs derde kans op die lewe gegun het, is ook nou betrokke by die organisasie.

Sy is ‘n gekwalifiseerde kapelaan van die Substance Abuse Addiction & Recovery of SA (SAAR) en is daar om dwelmverslaafdes wat hul teëkom te help.

In die afgelope jaar is 18 persone al na rehabilitasiesentrums geneem. André sê hulle is daar vir die gemeenskap. “Ons probeer ons dorp skoon hou.”

André vra dat inwoners alle sake van diefstal en misdaad by die polisie sal aanmeld, aangesien dit die statistiek beïnvloed.

“Hoe oortuig mens die SAPD dat ekstra voertuie of polisielede in ‘n gebied ontplooi moet word, as dit lyk asof daar geen misdaad is nie? Ons trek verdagtes vas, maar die polisie moet hul weer laat gaan omdat geen saak oopgemaak is nie.”

Kontak Christina by 071 648 8180 om by een van die WhatsAppgroepe aan te sluit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button