Local newsNews

Jong model sien uit na internasionale modelwerk

Eric se drome word eersdaags bewaardheid wanneer hy vir 'n internasionale modelagentskap in Japan gaan werk.

VEREENIGING – Eersdaags begin ‘n nuwe avontuur vir Eric Pieterse (22). Hy het onlangs gehoor dat sy eerste drie maande modelkontrak met ‘n agentskap in Japan gefinaliseer is.

Eric sê hy het al in die hoërskool oorweeg om met modelwerk te begin, maar het eers verlede jaar by Figures Model Finesse International Vanderbijlpark aangesluit.

Teen die einde van die jaar het hy aan die Figures Global Student Model of the Year 2024 kompetisie deelgeneem, waar hy tweede gekom het in die Mans 13 en ouer Mode-afdeling.

Met die toekenning het hy ook 30% afslag ontvang om aan die jaarlikse AIM Convention op die groot skip, Musica deel te neem. Eric het die geleentheid met albei hande aangegryp en van 3 – 7 Maart in sewe afdelings voor internasionale beoordelaars en agente deelgeneem.

Behalwe vir tweede en derde plekke in van die afdelings het hy ook die algehele tweede plek behaal. Nadat die amptelike kompetisie verby was het die internasionale modelagentskappe uitnodigings aan van die kompeteerders gerig om onderhoude te voer.

Eric is deur vier uit die agt agentskappe genader vir onderhoude. Die eerste van die agentskappe wat ‘n kontrak vasgemaak het was ‘n agentskap uit Japan, met China kort op hul hakke.

“Ek hoop dat ek veel langer as drie maande oorsee sal kan werk en regtig vir myself ‘n loopbaan in die modelbedryf kan kry,” het Eric vlak voor sy vertrek gesê.

Vir meer inligting oor Figures en die moontlikhede wat hul bied, kontak vir Corlia Lombard by 063 786 5612.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button