News

Klein ‘bruidjie’ van destyds skitter op haar régte troudag

Toeka se oulike bruidjie word toe inderdaad 'n lieflike volwasse bruid

 

Ster en Vaalweekblad se personeel snuffel graag deur ou koerante in ons argiewe om te sien wat jare gelede in die nuus was. Dit is altyd lekker om die ou berigte op te volg en vas te stel wat geword het van die mense oor wie ons destyds foto’s en stories geplaas het.

So kom ons toe af op ‘n foto van ‘n jong “bruidspaartjie” in ‘n Ster uit 1992: Die skattige Christell le Roux en Gareth Steyl, wat onderskeidelik blommemeisie en hofknapie op ‘n troue in Vereeniging was.
Christell se ma was destyds ‘n bekende bloemiste in die Vaaldriehoek. Sy moes gereeld sorg vir die troukar en is dikwels gevra dat haar kinders ook deel van die bruidsgevolg moes wees. Dis dié dat die jong “bruidspaartjie” toe die koerant gehaal het.

Ster het in 1992 voorspel dat die fraaie klein “bruidjie” op ons foto, ‘n pragtige volwasse bruid sou wees wanneer haar eie troudag eendag aanbreek. Ons voorspelling is reg bewys. Christelle was toe inderdaad ‘n lieflike bruid toe sy onlangs in Dullstroom met Dean Smith getroud is. Hoewel Christell in die Vaaldriehoek grootgeword het, gereeld babawedstryde gewen het en aan die Laerskool Unitaspark en Hoërskool Overvaal skoolgegaan het, is sy nou ‘n inwoner van Malalane.  Só stap die jare aan, né?

Die foto van Christelle en Gareth wat in 1992 in Ster verskyn het.
Christell le Roux en Gareth Steyl, wat in 1992 onderskeidelik blommemeisie en hofknapie op ‘n troue was.
Christell op haar ware troudag, saam met haar man, Dean Smith.
Christelle en Dean op hul troudag in Dullstroom.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button