Ons weet wat ons weet
Die week het Gerda Bruinette gaan draai by die Akademie vir Dramakuns en On Pointe Ballet Studio, om met hul juniors te gesels oor wat vir hul die lekkerste is van dans en dramaklasse.
Wico Vorster Die lekkerste is om te maak of jy ander mense is. Ek hou van alles by die dramaskool en by die konsert is ek ‘n oermens.

Terence Lee Oake I’ve only been here for about two months. The best part is seeing my friends. I’m going to do drama for much longer than this year.

Ruben Fourie I have a wild imagination and here I can live out my imagination. The only thing I don’t like much is that it can become a bit crazy, but I can take it.

Martinette Adendorff Die lekkerste is wanneer jy die toneeltjies doen en wanneer jy ander klere kan aantrek. Ek hou nie daarvan om so baie te oefen vir jou stukke nie. Ek het klavierles ook en ek wil die jaar hokkie speel.

Zeah Bechker Ek doen al 2½ jaar drama en dis lekker om net jouself hier te kan wees. Soms sukkel ek met die gediggies in Afrikaans, want ek is eintlik Engels. Ek doen ballet ook.

Franya Hugo Ek doen al vier jaar ballet hier. (Sy wip van die stoel af en gaan maak net eers seker by haar juffrou oor die tydperk.) Ballet is lekker, want ons leer goed. Dis nie so lekker as ons iets oor en oor moet doen nie.

