Local newsNewsNews

CW-inwoners boos na derde brand by Town-substasie in Vanderbijlpark

Daar was wel oor die naweek baie bedrywigheid by die Town-substasie soos daar begin is met voorbereiding vir die herstelwerk, maar daar is steeds geen aanduiding oor hoe lank dit gaan neem om die skade ter herstel nie.

VANDERBIJLPARK – Sowat 30 000 huishoudings sit reeds sedert verlede Woensdag sonder elektrisiteit nadat die Town-substasie in Curie Boulevard vir die derde keer erge brandskade opgedoen het.

Die VF Plus het in 2018 en 2024 met die hulp van ondernemings die dak en mure van die substasie vervang.

“Ons (VF Plus) het herhaaldelik ELM gewaarsku dat die lading wat op die substasie geplaas word, te groot is en om dringende opgraderings te doen. Die waarskuwing het op dooie ore geval,’ sê rdl. Gerda Senekal.

Die prentjie oor die skade in die substasie sê alles: herstelwerk gaan lank vat! Foto’s: VF Plus

Tans is net ‘n 1×30 MVA-transformator aan die stelsel gekoppel wat hopeloos te min is.

Die substasie wat ‘n uitgestrekte gebied in die CW 1,2,3,5-gebiede (Bopehlong, Bonanne, Stephanopark en omliggende kleinhoewes) van krag voorsien, is ontoereikend.

“Die groeiende gemeenskappe in dié gebied plaas die substasie onder verdere druk. Inwoners van Bopehlong betaal ook nie vir kragvoorsiening nie wat dit moeilik maak vir die munisipaliteit om presies te bepaal wat die kragverbruik in die gebied is,” voer Senekal aan.

“Die VF Plus sal nie sy druk op die Emfuleni-munisipaliteit verslap om hom te dwing om die substasie op te gradeer nie,” sluit sy af.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button