News

Destinata se jeug het harte vir diere!

Ander skole of organisasies wat 'n soortgelyke insameling en pretdag wil aanbied, kan Vaalpets kontak by 072 412 9923.

 

Die Graad 7-leerlingraad van Destinata Skool in Meyerton het sedert Februarie diereprodukte soos kos, komberse, bedjies, bandjies en jassies ingesamel vir ‘n dierehawe van hul keuse. Hulle het besluit om die donasies aan Vaalpets, ‘n nie-winsgewende skuiling vir huislose diere in die Vaaldriehoek, te kenk. Vaalpets het op 13 Mei ‘n klompie van hul honde skool toe gebring vir die oorhandiging, en sodat die leerlinge ‘n bietjie interaksie met die diere kon hê. Te oordeel aan die uitbundige glimlaggies van die diere én die jongklomp, het almal dit ewe veel geniet! Vaalpets spreek opregte dank uit vir die skenking. Ander skole of organisasies wat ‘n soortgelyke insameling en pretdag wil aanbied, kan Vaalpets kontak by 072 412 9923.

 

 

Destinata-leerlinge maak van nader kennis met Vaalpets se honde

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button