Local newsNewsNews

Opruimings-aksie by Waterdalweg onderweg

Die operasie beklemtoon die regering se verbintenis tot die instandhouding van opgeknapte infrastruktuur

BOIKETLONG – Waterdalweg het ná die onlangse rehabilitasie daarvan ’n brandpunt vir onwettige storting geword.

Ten spyte van die opgraderings, gebruik sekere lede van die gemeenskap steeds bakkies en ander voertuie om rommel onwettig langs hierdie roete te stort.

In reaksie hierop is ’n gesamentlike opruimingsoperasie op Maandag, 2 Junie onder leiding van die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (COGTA) en die Uitvoerende Burgemeester van Emfuleni van stapel gestuur.

Hierdie inisiatief, wat deur beide die Gautengse Provinsiale Regering en die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gedryf word, het ten doel om die rommel wat onwettig gestort is te verwyder en die gebied weer skoon, veilig en higiënies te maak.

Die operasie beklemtoon die regering se verbintenis tot die instandhouding van opgeknapte infrastruktuur en die bevordering van omgewingsverantwoordelikheid binne gemeenskappe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button